Rochelle
Rochelle Botha
Jan 19, 2012

Prayer Request

Ek wil graag 'n gebed opdra aan Edwin vd Walt se ouers wat hom in 'n tragiese motorongeluk verloor het en sy tweeling broer wat sy arm verloor het. Die begrafnis is vandag om 13h00 by Woord en Lewe Kerk in Sunwardpark. Mnr en Mev v.d Walt, mag God se hand van vertroosting en liefde oor julle as familie wees vandag al ken ek u nie persoonlik nie want my kinders is die jaar vir die 1ste jaar in Elspark Hoërskool weet ek dat hy 'n wonderlike kind is en hy gaan 'n dierbare Engel wees wat oor u as sy ouers en familie gaan waak saam Jesus.. Sterkte vir u as gesin en ons gebede is met u almal en so ook aan al die Hoërskool Elspark personeel en vriende wat hom as vriend geken het. Mag die Here julle elkeen vandag Seën en julle harte rustig maak met die wete dat daar geen pyn meer is nie.... Amen